JAAR
KATEGORIE

Jackson Hlungwani

Hlungwani was priester-beeldhouer en die charismatiese geestelike leier van ‘n groep navolgers van die African Zionist Church in Gazankulu.

Hlungwani was priester-beeldhouer en die charismatiese geestelike leier van ‘n groep navolgers van die African Zionist Church in Gazankulu.

In sy persoonlike geestelike filosofie kombineer Hlungwani tradisionele elemente van sy Tsonga-erfenis met dié van sy Christelike oortuigings. Hierdie idees is ook die voedingsbron vir sy visies en die inspirasie vir sy beeldhoukuns.

“Hy herinner ons aan universele waarhede, veral dat die mens ‘n vrye wil het én die kreatiewe ruimte om homself en sy leefwêreld op verskillende maniere weer te gee. Ons is dit aan onsself verskuldig om hierdie verskil, hierdie unieke kreatiewe gees op opregte en eerlike maniere tot uiting te bring as ons die wêreld wil verander.” (Hopkins [s.a.])

Esmé Berman (1993) verwys na ‘n toonaangewende uitstalling in 1985, die BMW Tributaries, wat in die onstuimige sosio-politieke omstandighede van die laat tagtigerjare uitgestaan het júís omdat dit nie die brutaliteit en geweld weerspieël het nie, maar van kuns-
tenaars was “who recognised the healing, humanising value of artistic vision and who sought spiritual essence amid the harshness of objective truths”.

Die kurator van die uitstalling, Ricky Burnett, het die platteland besoek en onbekende swart kunstenaars se werke opgediep wat vroeër as “tradisionele kuns”, kunsvlyt of selfs rariteite (curios) bestempel is. 

Berman het verder ook opgemerk dat heersende leerstellings skielik omvergewerp is en aannames oor die oppergesag van Westerse estetiese waardes as selfbedrieglik en wesenlik elitisties aan die kaak gestel is. Jackson Hlungwani se werk is hierby ingesluit.

Waarom dan hierdie skielike entoesiasme oor kuns-uitinge wat vroeër as minderwaardig beskou is? Berman is van mening dat hierdie onverwagse verskyning van werke gewortel in tradisionele waardes, onbesoedel deur die heersende gekunsteldheid en veral vry van die retoriek en woede in die meeste kunsuitinge van die tyd, soos ‘n koel briesie op ‘n hittige somersdag was. 

Its appeal to common sensibilities, across the barriers of culture, race and ideology, performed a healing function and seemed to signal a ray of hope. (Berman 1993)

Even in full sensibility of the upheaval all around them – maybe because of it – there were artists in South Africa who recognised the healing, humanising value of artistic vision and who sought spiritual essence amid the harshness of objective truths. (1993)

In die versameling van Johannesburgse Kunsmuseum

Foto’s met vergunning van Johannesburgse Kunsmuseum