JAAR
KATEGORIE

Robert Hodgins

“Robert Hodgins het ‘n gestandaardiseerde styl vermy, hoewel sy werk vanweë sterk kleurgebruik, vloeiende skildertegniek en innoverende komposisies deeglik herkenbaar is.

Robert Hodgins is in 1920 in Dulwich in die Verenigde Koninkryk gebore en in 2010 in Johannesburg oorlede. Hy is bekend as skilder en drukgrafiese kunstenaar.

Hoewel Hodgins reeds sedert die vroeë vyftigerjare uitgestal het, is daar eers in 1981 ernstiger van hom kennis geneem. Sy impak op die kunsmark is van so ‘n omvattende aard dat ‘n belangrike retrospektiewe uitstalling in 1986 by die Standard Bank Nasionale Kunstefees, Grahamstad aangebied is.

‘n Vroeë hoogtepunt in sy kunstenaarsloopbaan was in 1980 met die tweepersoon-uitstalling saam met Jan Neethling, getiteld Pretty Boy Floyd. Die sowat sestig eksperimentele syskermdrukke was gebaseer op ‘n koerantfoto van dié berugte rower uit die depressiejare (die dertigerjare). Die monodrukke is in die Markteater-galery, Johannesburg aan ‘n wasgoeddraad opgehang. Hodgins het hierna verwys as ‘n ware intellektuele “corroboration”. Hodgins en Neethling het 35 jaar lank saam uitgestal.

Hodgins het ook verskeie multi-media werke saam met William Kentridge en Deborah Bell gelewer. Sy eerste uitstalling saam met Bell was in 1983, met Hogarth in Johannesburg. Hierna het die Little Morals-reeks, Easing the Passing (of the Hours) en Ubu 101 gevolg. Die hoogtepunt van hul samewerking is in die tiende jaar met ‘n uitstalling in die Johannesburgse Kunsmuseum gevier.

Hodgins is een van Suid-Afrika se voorste kunstenaars. Sy werk is landwyd in private en openbare versame-
lings opgeneem. Hy het ook aan verskeie uitstallings in Europa en Suid-Afrika deelgeneem. Hy het jare lank by The Artists’ Press gewerk. Hier het Mart Attwood ‘n spesiale plek vir Hodgins ingeruim omdat hy gereken het “die ou man” was vir hom ‘n groter aansporing en motivering as die meeste ander kunstenaars. Hodgins het eers monodrukke gemaak en dan steendrukke van dié waarvan hy die meeste gehou het. Hy het ook met handgekleurde gravures geëksperimenteer.

There are paintings that stem from memory and from a sombre look at the human condition. Paintings about the construction and confusion of contemporary urban life, but also paintings about the pleasures of being alive, pleasures that crowd in upon the pessimism everywhere – that crowd in and refuse to be ignored.
Robert Hodgins (Goodman Gallery 2000)

“Robert Hodgins het ‘n gestandaardiseerde styl vermy, hoewel sy werk vanweë sterk kleurgebruik, vloeiende skildertegniek en innoverende komposisies deeglik herkenbaar is. Sy skerp piktorale kommentaar, geestig dog skroeiend, was in die besonder op die Suid-
Afrikaanse situasie van toepassing, maar het ook die plaaslike toepaslikheid daarvan oorskry as ‘n universele stelling van die gekheid van die mensdom.”
(Commendatio 1995)

Tydens sy aanvaardingstoespraak op 4 Desember 1995 het hy na die eerste ontvangers van die Helgaard Steyn Toekenning verwys en opgemerk: “I think what runs through our work as a common stream is that we are none of us consolatory artists – we do not soothe, we do not address ourselves to what our society would perhaps prefer that we did. 

“In my own case, I am a man most disappointed in my time … We are conquering disease, we are producing more food than in the history of the world, we have had no conflict in fifty years. All this is so. And yet. We have AIDS, over-population, horrors from Bosnia and Rwanda. All this is so, so indeed. And indeed and yet.”

Being an artist is about putting something into your subject matter … lifetime love-affairs – you never know until you get cracking. (Robert Hodgins [s.a.]) 

South African Summer: All This is So, And Yet … (1992), olie en akrielverf op doek, 205 x 305cm

Sandton Kunsgalery-versameling, Johannesburgse Kunsmuseum

Foto met vergunning van Johannesburgse Kunsmuseum